Tuis

Hierdie is jou omvattende diensportaal vir Afrikaanse teksversorging en –begeleiding.

Die volgende dienste word aangebied:

  • Teks- en/of manuskripontwikkeling.
  • Leesverslae vir individue: sowel prosa as digkuns.
  • Keurverslae vir uitgewerye: sowel prosa as digkuns.
  • Redigering van enige Afrikaanse teks, hetsy fiksie of niefiksie.
  • Proeflees van tekste.

In samewerking met Versindaba byderhand:

  • ‘n Omvattende kursus vir die aspirantdigter, bestaande uit tien interaktiewe modules.
  • Teksbegeleiding vir die meer bedrewe digter.

Ter motivering

Danksy my uitgebreide ervaring as taalonderwyser aan prominente skole en my jarelange inset tot die Afrikaanse boekbedryf as bestuurder van ‘n invloedryke en wyd gerespekteerde boekhandel op Stellenbosch, beskik ek op ‘n ietwat ongewone manier oor die nodige ervaring en kundigheid om bogenoemde dienste met vertroue aan te bied.

Voeg daarby dat ek in eie reg as die skrywer van etlike kortverhale en digter van tien digbundels, tot dusver, gereken word en eweneens aktief betrokke is (of was) by vele letterkundige inisiatiewe; hetsy as inisieerder of bestuurslid, en jy besef dat ek heeltemal in staat is om jou op ‘n besonderse manier tot hulp te kan wees.

Daar ek vir bykans twee dekades bogenoemde dienste op ‘n deeltydse basis aan verskeie kliënte, waaronder sowel uitgewerye as privaatpersone, gelewer het, het ek sedert einde 2016 besluit om my toetrede as vryskutwerker op ‘n voltydse basis te maak tot die Afrikaanse teksbedryf.

Met vertroue bied ek dus my ervaring, kundigheid en dienste aan vir jou in jou strewe na ‘n uitnemende, foutlose teks.

Kontak my gerus vir ‘n kwotasie.

Louis Esterhuizen